Skip to main content

Wandel in Liefde

Filter

Vas en Gebed

Vas kan vir verskillende redes plaasvind, nooit sonder rede nie, Vas is nie om God se “arm te draai” om my sin te kry nie, maar om my wil in Sy Wil te plaas.
Lees meer

Vreugde

Besef daar is geen groter vreugde wat vir ons wag in die hemel nie, omdat God daar is en staan vas in hierdie wete dit is ‘n besluit wat jou hele lewe sal beinvloed.
Lees meer

Ahavah Familiekerk se Fokus vir 2026

Voetspore wat bly  – Gedurende 2026 beoog ons om voetspore in mekaar se lewens te los, maar nie sommer enige voetspore nie. Voetspore wat BLY of blywend is op die lange duur. So, wat is Voetspore wat bly? Dis meer as voetspore wat weer kan toewaai deur elke wind, soos voetspore in die sand. Wanneer jy langs die see stap, maak elke golfie en elke windjie wat waai jou voetspore toe. ‘n Rukkie later is jou voetspore onopspoorbaar en verlore vir altyd.

Ek glo dat jy al gesien het dat mense wat ‘n nuwe sementblad gooi by hul huis soms hulle voetspore in die sement laat saam met die datum waarop dit gebeur asook die mense se name. Die idee is dat daardie voetspoor sal bly deur wind en weer, selfs dat ons nageslag dit sou sien en sal onthou dat die gesin hierdie sementblad gegiet het.

God se doel is ook dat HY eerstens ‘n blywende voetspoor in jou en my lewe sal laat. Daarom het HY by meer as een geleentheid op bo-natuurlike wyses voorsien, wonderwerke laat gebeur en mense op baie spesiale maniere gebruik, juis vir hierdie doel.

Ek dink onwillekeurig aan die Skrifgedeelte in 1 Korintiërs 10:11 wat sê:

“Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.”

God het hierdie gebeurtenisse en verhale van die verlede laat opteken met ‘n doel om Voetspore wat bly te laat in ons harte juis dat ons nie net daaruit kan leer nie, maar dit ook kan gebruik met vrug om mekaar te inspireer en te motiveer om soortgelyke Voetspore wat bly in mekaar se lewens te laat.

Kom ons dink in koerantopskrifte! Verbeel jou daar het in daardie tyd koerante verskyn met opskrifte wat hierdie wonders en bo-natuurlike verskynsels of gebeurtenisse beskryf. Wat sou hierdie koerantopskrifte wees?

Ons het ‘n boekie geskryf met studies wat jy kan gebruik tot verdieping van jou persoonlike geestelike lewe en ook om die mense om jou te motiveer sodat julle Voetspore wat bly in mekaar se lewens laat. Kom kry jou gratis boekie Sondag by die i-tafel.

Sosiale Media

Ahavah Kids

Ahavah Youth